Drankies

Steurgarnaalkelkie

(4 porsies)

  • 500 g steurgarnale, uit die dop
  • 4 heel steurgarnale in die dop
  • 15 ml botter
  • 60 ml mayonnaise
  • 15 ml tamatiesous
  • 10 ml Worcestersous
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • blaarslaai van jou keuse, om voor te sit
  • suurlemoenwiggies, om voor te sit

Stoom die steurgarnale tot gaar (so 8 minute). Dreineer en laat afkoel. Smelt die botter en braai die heel steurgarnale tot gaar (so 10 minute). Die doppe word ’n mooi pienk, dan weet jy dis amper gaar. Meng die mayonnaise, tamatiesous en Worcestersous. Geur met sout en swartpeper. Voeg die afgekoelde, uitgedopte steurgarnale by en meng goed. Plaas van die blaarslaai in ’n mooi opdienglas en skep die steurgarnale bo-op. Rond af met ’n heel steurgarnaal en sit voor met vars suurlemoenwiggies.

 

Om te drink
Kies ‘n sauvignon blanc vir sy fris geure.