Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Steurgarnale op n stokkie

genoeg vir 6

• 18 steurgarnale, skoongemaak en doppe verwyder
• 18 hout-kebabstokkies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 400 g kataifi-deeg
• 1 eier, liggies geklits
• 750 ml sonneblomolie vir diepbraai

Doopsous
• 250 ml goeiegehalte-mayonnaise
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
• 2 knoffelhuisies, fyngemaal

Ryg garnale een-een aan kebabstokkies. (Druk stokkie se puntkant by steurgarnaal se stertkant in sodat stertjie in middel van stokkie is.) Geur goed met sout en peper. Rol die kataifi-deeg oop en sny ’n reep van 5 cm lank af. Draai ’n garnaal toe in die reep deeg en verf diepunt met geklitste eier. Druk stewig vas. Herhaal met al die garnale. Verhit die sonneblomolie in ’n groot pot tot goed warm. Diepbraai die steurgarnale tot die deeg goudbruin en bros is, sowat 3 – 5 minute. Dreineer op kombuispapier. Meng al die doopsousbestanddele en geur goed met sout en peper. Sit garnale warm voor met doopsous