Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Resepte

Stokvis-aartappel-en-spek-chowder

Chowder is ʼn seekos- of groentebredie wat tradisioneel met soutbeskuitjies verdik of geëet word. Ek wys jou hoe ek myne maak.
(Genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g strepiespek, in blokkies gesny
  • 15 ml paprika
  • 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 120 ml witwyn
  • 450 g bevrore stokvisfilette, ontdooi
  • hand vol pietersielie, grofgekap
  • 45 ml gedroogde dille
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van halwe suurlemoen
  • sowat 8 matzos (Joodse brood)

Verhit olyfolie in kastrol. Braai ui, knoffel en spek saam tot bruin. Voeg paprika en aartappelblokkies by. Braai vir paar minute. Voeg room, melk en witwyn by. Sit pot se deksel op en laat prut sowat 10 – 15 minute oor matige hitte tot aartappel sag is. Draai die hitte af en voeg visfilette, pietersielie en dille by. Plaas deksel op en laat staan sowat 10 minute tot vis gaar is. Geur na smaak met sout, peper en suurlemoensap. Sit voor met matzos en suurlemoenskywe.