Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Stokvis-bruschetta

4 porsies
Verhit oond tot 200 °C. Geur 500 g stokvis-filette met sout en peper. Verhit 25 ml olyfolie in ’n pan wat jy in die oond kan sit. Plaas velkant eerste in pan en braai vir sowat 5 minute tot vel bros is. Druk sap van ¼ suurlemoen oor vis en plaas in oond. Rooster vir 15 minute.

VIR DIE SOUS
Meng 50 ml mayonnaise, 1 fyngekapte knoffelhuisie, 8 vars fyngekapte basiliekruidblare, 15 ml kappertjiesaad, fyngekap, 5 ml suurlemoensap en 1 rooi-ui, fyngekap. Geur met sout en peper. Verhit roosterelement van oond. Smeer 4 snye Portugese brood weerskante met klein bietjie olyfolie en plaas op bakplaat. Rooster alkant. Verdeel 40 g roket gelykop en plaas op elke sny brood. Plaas ’n visfilet bo-op en skep van die sous oor. Sny so 10 vars basiliekruidblare in dun repies en plaas bo-op. Sit voor met suurlemoenwiggies.

  • corrie

    ek is op soek na lank sous vir kookkos