Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Stokvis met ’n kruiekors

(4 porsies)
Verhit oond tot 200 °C. Sprinkel 60 ml olyfolie op ’n bakplaat en plaas 2 x 600 g stokvisfilette daarop. Sny korsies van 12 snye winkel-witbrood af en kap fyn in voedselverwerker. Meng met 200 g sagte botter, 2 knoffelhuisies en 1 groot hand vol vars basiliekruidblare in voedselverwerker. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Druk bo-op vis en sit in warm oond. Oondbraai sowat 15 – 20 minute tot vis gaar is. Sny 2 sprietuie in skywe en sprinkel bo-op. Sit voor met vars suurlemoenwiggies en slaai van jou keuse.