Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Stokvis met tamatie en suurlemoen gebak in ’n piesangblaar

4 porsies

  • 4 bevrore stokvis-filette
  • 1 rooi-ui
  • 1 ryp tamatie
  • 1 suurlemoen
  • sout na smaak
  • 10 ml suurlemoenpeper
  • 15 ml vars vinkel, gekap
  • 40 ml olyfolie
  • 1 piesangblaar

Plaas stokvis-filette op ’n afkoelrak wat op ’n bakplaat geplaas is. Sit in yskas en laat oornag ontdooi. Verhit roosterelement van oond. Sny ui, tamatie en suurlemoen in dun skyfies. Geur visfilette met sout, helfte van die peper, vinkel en olyfolie. Plaas ui, tamatie en suurlemoenskyfies bo-op die filette en geur met res van peper. Verhit die piesangblaar oor ’n vlam sodat dit buigbaar word. Plaas die vis op die rand van die piesangblaar en vou toe soos ’n pakkie. Sit op ’n bakplaat en plaas in die oond vir 15 minute.