sk0609kerrie03
Resepte

Thai-groenkerrie met heel vis

4 porsies

  • 500 ml sonneblomolie
  • 1 ferm vis, kop en stert verwyder (blueskin, gurnard (knorhaan), panga, wit stompneus)
  • 30 ml Thai-groenrissie-pasta
  • 2 klein uie, fyngekap
  • 250 ml klapperroom
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 ml sout
  • 13 ml bruinsuiker
  • 13 ml sojasous
  • 2 Thai-blare
  • 10 vars basiliekruidblare
  • 60 ml water
  • hand vol vars basiliekruid- en koljanderblare
  • 4 rooi brandrissies

Verhit sonneblomolie in ’n wok of groot kastrol. Sny dun kepe in vis en braai tot gaar. Hou eenkant op ’n warm plek. Skep 10 ml van die warm olie in ’n kastrol en braai groenrissie-pasta en uie daarin vir 1 minuut. Voeg klapperroom, knoffel, sout, bruinsuiker, sojasous, Thai-blare, basiliekruidblare en water by. Laat kook vir 5 minute. Skep in ’n opdienbakkie, garneer met vars basiliekruid, koljander en heel brandrissie en sit voor saam met die vis, of gooi sous direk oor die vis.

Om te drink
’n Gehoute chardonnay soos KWV Cathedral Cellar s’n.

Besoek http://sassi.icecreamlovestheweb.com vir inligting oor volhoubare vissoorte.