Resepte

Tuna-en-tamatie-pilaf

4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 300 g basmati-rys
  • knippie fyn rooipeper
  • 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
  • 500 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde    swartpeper na smaak
  • 15 ml botter
  • 200 g dun groenbone,   geblansjeer en gehalveer
  • 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer en in groot stukke gebreek

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n oondkastrol en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg rys en rooipeper by. Braai goed deur. Voeg tamaties en aftreksel by en geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe en plaas in warm oond vir 20 minute. Haal uit en roer botter deur. Voeg bone en tuna by en plaas terug in oond tot deurwarm.