Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Vinnige gerookte smoorsnoek

(4 porsies)

Verhit 30 ml olyfolie in ’n diep pan. Halveer 1 ui in lengte, sit op snykant neer en sny in skywe. Skil 2 groot aartappels en sny in groterige blokke. Voeg ui en aartappels by olie en braai tot aartappels begin bruin word. Sny 3 tamaties in groot blokke en voeg saam met 1 fyngekapte knoffelhuisie by ui en aartappels. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak pan toe met deksel.Laat prut tot aartappels sag is. Verwyder grate en vel van 400 g gerookte snoek en vlok in stukke. Voeg by aartappelmengsel met sowat 30 ml fyngekapte pietersielie. Roer versigtig deur en laat vis net warm word. Sit warm voor.