Resepte

Vinnige puttanesca

20 minute – 6 porsies

  • 200 ml olyfolie
  • 16 klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 16 ansjovisfilette
  • 200 g ontpitte olywe
  • sowat 30 kappertjiesade
  • varsgemaalde swartpeper
  • 1 pak pennepasta
  • skaafsels parmesaan- of pecorino-kaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie in ‘n groot pan. Braai die tamaties vir sowat 5 minute en voeg die ansjovis, olywe en kappertjiesade by. Roer deurentyd. Kook die pasta tot al dente en voeg by die gebraaide tamatiemengsel. Sit voor met skaafsels kaas en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Oppas vir te veel sout – die ansjovis is reeds baie sout.