Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Vinnigste seekos-sop

(genoeg vir 4)

  • 2 dik repe lemoenskil
  • 500 g bevrore stokvis, ontdooi
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamatie
  • 90 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 ml borrie
  • 1 lourierblaar
  • 10 g vars pietersielie, fyngekap
  • 1 huisie knoffel, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 140 °C. Plaas lemoenskil op bakplaat en plaas in oond vir sowat 15 minute tot dit droog is. Sny vis in groot blokke. Plaas al die bestanddele saam in ’n kastrol. Roer deur. Bring tot kookpunt en wanneer die sop begin kook, moet dit net vir 10 minute kook. Moenie die sop te veel roer nie, want die vis sal breek.