Resepte

Vis-en-groente-gebak in papier

(30 minute – 4 porsies)

  • 450 g bevrore stokvis-filette, ontdooi
  • 250 g wit sampioene, in kwarte gesny
  • 4 groen vla-pampoentjies (patty pans), in kwarte gesny
  • 4 geel vla-pampoentjies, in kwarte gesny
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • sowat 40 ml olyfolie
  • sowat 30 ml suurlemoensap
  • 50 ml gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 200 °C. Sny vier groot stukke bakpapier uit – sowat 30 x 30 cm groot. Plaas ’n visfilet op elke stuk. Sit al die groente bo-op en besprinkel met olyfolie en suurlemoensap. Sprinkel die pietersielie oor en geur met sout en swartpeper. Vou die papier in ’n pakkie – dit moet heeltemal toe wees. Plaas die pakkies op ’n bakplaat en bak vir sowat 25 minute.