Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Glutenvry

Vis en soetpatat-tjips

(genoeg vir 4)
Vis

  • 4 stokvis-filette
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 70 g (125 ml) glutenvrye meel
  • 2 eiers, geklits
  • 55 g (65 ml) fyn polenta

Tjips

  • 4 soetpatats, geskil
  • sonneblomolie vir diepbraai

Vis
Geur vis goed met sout en peper. Doop elke filet in meel, dan in eier en laaste in polenta. Herhaal nog 1 keer. Hou vis in yskas.

Tjips
Gebruik ’n skerp mes en sny patat in skywe van 5 mm. Sny elke skyf patat nou weer in skyfies van 5mm, of so breed soos jy verkies. Verhit sonneblomolie tot warm. Dreineer skyfies en gooi twee hande vol in die olie. Braai 5 minute of tot patats gaar maar steeds ferm is. Dreineer op handdoekpapier en versprei eweredig – dit gaan nog nie bruin en bros wees nie, net gaar soos gekookte aartappels. Herhaal met al die tjips. Draai olie se temperatuur op tot baie warm. Gooi afgekoelde skyfies weer twee hande vol op ’n slag in die olie en braai sowat 5 – 8 minute of tot skyfies goudbruin en bros raak. Dreineer op skoon papier en hou warm in lou oond terwyl jy res braai. Geur goed met sout en peper. Braai gekrummelde vis in dieselfde olie tot goudbruin en gaar, sowat 8 – 10 minute. Dreineer op kombuispapier en sit voor met tjips.