Foto deur Lee Malan

Resepte

Visburger

(6 porsies)

  • 450 g stokvis, fyngekap
  • 50 g groenkerrie-pasta
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 eier
  • 30 g meel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie
  • 250 ml jogurt
  • sap van 1 lemmetjie
  • hand vol kruisement, gekap
  • 6 rog-broodrolletjies

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng vis, kerriepasta, koljander, knoffel, eier en meel. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel in gholfbalgrootte stukke, sowat 100 g elk. Rol netjiese balle met handpalms en druk effens plat. Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-pan. Plaas vis-patties in pan en braai stadig tot goudbruin aan weerskante, sowat 3 minute per kant. Plaas op skoon bakplaat en bak in warm oond tot gaar, sowat 10 – 12 minute. Terwyl vispatties bak, meng jogurt, sap en kruisement saam. Sny broodrolletjies in helfte. Verdeel helfte van jogurt tussen een helfte van gesnyde rolletjies. Plaas gaar vis-patty op elk. Skep res van jogurt oor en sit ander helfte van rolletjies bo-op. Sit voor.

Wenk
Ontdooi altyd bevrore vis in ’n vergiettes oor ’n skoon bord in jou yskas. So drup die water onder die vis uit sonder om dit pap te maak.