Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Vispakkies

Genoeg vir 6

• 6 velle bakpapier
• 200 g vars aspersies
• 250 g groenbone
• 6 mielies, elk in 4 stukke gesny
• 6 x 200 g-forelporsies
• 20 ml vars gemmer, fyngerasper
• 4 knoffelhuisies, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml witwyn
• 100 ml sojasous
• 80 ml kanola-olie
• suurlemoenkwarte

Verhit oond tot 180 °C. Sny 6 velle bakpapier van 25 x 25 cm uit en verdeel papier tussen 2 bakplate. Verdeel aspersies, groenbone en mielies in 6 gelyke dele en pak in middel van elke vel. Sit forel velkant na onder op groente. Sprinkel gemmer en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Lig teenoorgestelde kante van papier op en hou teenmekaar. Vou 3 keer om – sowat 1 cm – sodat dit stewig sluit. Vou ook die 2 oop kante toe, maar voor jy die laaste een toevou, gooi ’n bietjie wyn, sojasous en ’n bietjie olie in elke pakkie. Bak 12 – 15 minute of tot die pakkie opgepof en die vis gaargestoom is. Sit warm voor met suurlemoen.