Gebak

Vispastei

(6 – 8 porsies)

  • 1 kg stokvis-filette, sonder vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 100 g baba-spinasieblare
  • 4 hardgekookte eiers, gehalveer
  • 80 g (90 ml) botter
  • 50 g (90 ml) koekmeel
  • 600 ml melk

Bo-laag

  • 8 groot aartappels, geskil
  • 30 ml botter
  • sowat 100 ml warm melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Geur vis met sout en swartpeper. Stoom vis tot gaar. Smelt die 30 ml botter in ’n pan en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai vir 2 minute. Breek vis in groot stukke en plaas in ’n oondbak. Voeg die ui-en-spinasie-mengsel by. Rangskik die gehalveerde eiers op die vis. Geur met sout en swartpeper. Smelt die 80 g botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Roer tot ’n gladde pasta vorm. Voeg melk bietjie vir bietjie by en hou aan roer. Geur met sout en swartpeper. Kook die sous tot die agterkant van ’n houtlepel daardeur bedek word. Dit moet soos loperige vla lyk. Gooi sous oor die visvulsel. Kook aartappels tot sag. Druk fyn en voeg die 30 ml botter by. Voeg warm melk (nie alles op een slag nie) by tot jy sagte kapokaartappels het. Geur met sout en swartpeper. Skep die kapokaartappels bo-op die vulsel en bak vir sowat 30 minute.

Om te drink
’n Chardonnay sal goed pas by die romerigheid van die pastei. Groote Post se houtverouderde chardonnay is heerlik kompleks.