sk0412maklik22
Gebak

Visvinger-wrap

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel 30 ml olyfolie op ’n bakplaat en pak 12 bevrore visvingers daarop.Oondbraai sowat 30 minute tot gaar en bros. Maak intussen die sous. Kap 15 ml kappertjiesaad en 1 knoffelhuisie. Meng dit met 60 ml romerige mayonnaise en sap van ½ suurlemoen. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit 4 tortillas volgens aanwysings op pak. Plaas ’n hand vol roket op elke tortilla. Sny 2 tamaties in skywe, verdeel in 4 en pak op roket. Plaas 3 visvingers bo-op elk en skep van sous oor. Vou toe en sit dadelik voor.