p122
Resepte

Warm salm-amper-niçoise

(4 ruim porsies)

  • 2 salmfilette
  • 400 g jong aartappels met skil aan, gehalveer
  • 100 g jong groenboontjies
  • 250 ml swart olywe
  • 250 ml sondroë tamaties
  • 15 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en peper

Stoom die salm tot net gaar. Kook die aartappels tot sag en blansjeer die groenboontjies. Vlok die salm en plaas dit saam met die aartappels en groenbone in ‘n groot bak. Voeg die olywe en
tamaties by. Klits die olyfolie, knoffel, suurlemoensap, sout en peper en giet dit oor slaai.