Resepte

Witvis met swart olywe en saffraansous

(6 porsies)

  • seesout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 x 200 g visfilette
  • 2 salotte, geskil en in kwarte gesny
  • 1 knoffelhuisie, geskil en gehalveer
  • 200 ml olyfolie
  • 2 knypies saffraan
  • 100 ml witwyn
  • 200 ml hoender-aftreksel
  • 20 kalamata-olywe, ontpit
  • 1 ingelegde suurlemoen, fyngesny
  • hand vol vars platblaarpietersielie, gekap

Verhit oond tot 180 ºC. Geur die visfilette met sout en swartpeper. Braai salotte en knoffel in olyfolie, oor medium hitte, in ’n oondbestande pan. Voeg vis by en braai stadig bruin. Voeg saffraan by die wyn en laat staan ’n paar minute.

Voeg wyn en aftreksel by vis. Voeg olywe en suurlemoenskyfies by. Laat prut, sit ’n deksel op en sit in die oond vir 15 minute. Haal uit die oond en sit die visfilette op ’n warm bord. Werk vinnig en verminder die pansous oor hoë hitte tot lekker souserig.

Skep dit oor die vis en garneer met pietersielie. Sit voor met piepklein geskilde, gebotterde baba-aartappels.

3-gang-spyskaart met Franse flair