010613skh001_ofc
Resepte

2de plek wenner Elna Kruger se lamskerrie resep

Kaggel-kerriepot

  • 550 g lamsnekskywe
  • 500 g lamskruistjoppies (chump chops)
  • 5 ml sout
  • 3 ml grofgemaalde swartpeper
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 wortels, in ringetjies gesny
  • 7 ml borrie
  • 15 ml matige kerrie met knoffel
  • 5 ml fyn koljander
  • 250 ml kookwater
  • 1 blokkie beesaftreksel
  • 15 ml tamatiepuree
  • 15 ml worcestersous
  • 30 ml witwyn-asyn
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 30 ml olyfolie
  • Geheime bestanddele
  • 1 appel, gerasper
  • 125 ml klappermelk
  • 30 ml room/Bulgaarse jogurt
  • 2,5 cm-stuk vars gemmer, gerasper
  • 5 ml vars kerrieblaartjies
  • 20 ml vars koljander, gekap

Metode

Vryf vleis met sout en peper en plaas in swaarboompot. Rangskik ui en wortels bo-op en strooi speserye oor. Meng die kookwater met die beesaftreksel. Gooi dit saam met die tamatiepuree, worcestersous, asyn, appelkooskonfyt en olyfolie oor die vleis en bring tot kookpunt. Kook 10 minute tot deurgekook, verlaag hitte en prut 1½ – 2 uur. Roer geheime bestanddele deur die pot en kook nog 10 minute. Sit voor op rys of stampmielies met gestoofde vrugte, geroosterde klapper, kweper-mango-sambal en blatjang.