Resepte

3de plek wenner Amanda Dreyer se lamskerrie resep

Indonesiese lamskerrie

  • 100 ml kookolie
  • 2 kg lamsboud, ontbeen en in blokkies gesny
  • 10 g borrie
  • 10 g fyn koljander
  • 10 g fyn komyn
  • 12 heel kardemomsade, fyngedruk
  • 3 middelslag-uie, in ringe gesny
  • 4 vars brandrissies, ontpit en gekerf
  • 50 g vars gekapte gemmer
  • 50 g vars gekapte knoffel
  • 50 ml sojasous
  • sout en grofgemaaldde swartpeper na smaak
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • I houer grondboontjiebotter
  • 3 klein blikkies klappermelk (of 1½  groot blikke)
  • 250 g geroosterde gekapte grondboontjies

Metode

Verhit olie in groot pot en verbruin die vleis, klein hoeveelhede op ’n slag. Verwyder van pot en hou eenkant. Gooi al die speserye in dieselfde pot en skroei oor lae hitte. Voeg uie, brandrissies, gemmer en knoffel by en braai tot sag. Voeg gebraaide vleisblokkies by. Voeg sojasous by en geur met sout en peper. Gooi 2/3 van hoenderaftreksel in pot, sit deksel op en prut 1½ uur oor lae hitte. Roer af en toe. Meng die grondboontjiebotter met die res van die warm aftreksel en roer in by die vleis. Prut nog 15 minute. Wanneer die vleis sag is, gooi die klappermelk en geroosterde grondboontjies by. Laat effens opkook totdat die hele mengsel warm is. Sit voor met basmati-rys, poppadoms, gekapte- uie-en-tamatie-vinaigrette-slaai, repies eier-omelet, geroosterde en gekapte kasjoeneute of grondboontjies en/of gebraaide piesang.