sk_apr_mei2013_cover
Resepte

3de plek wenner Marna Rosouw se hamburger resep

Kaassous

  • 3 eetlepels botter
  • 3 eetlepels koekmeelblom
  • 1 koppie warm melk
  • 1/2 teelepel sout – swartpeper na smaak
  • 1/4 teelepel tiemie
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas

Smelt botter in kastrol oor lae hitte. Voeg meelblom  geleidelik by en roer tot gladde pasta. Voeg melk geleidelik by, en dan die kaas. Roer tot sous dik en glad is.  Geur met sout en peper. Laat 2 minute kook of tot verdik .

Uiemarmalade

  • 4 uie, fyngekap
  • 50 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 30 ml bruinsuiker
  • 150 ml balsemasyn
  • sout en swartpeper na smaak
  • 1/4 teelepel roosmaryn

Verhit olyfolie en botter oor matige hitte in braaipan. Braai uie tot gekaramelliseer en sag. Voeg bruinsuiker en asyn by en kook oor lae hitte vir 10 minute tot konfytagtig.

Broodrolletjies

  • 150 ml louwarm melk
  • 50 g strooisuiker
  • 1 x 10 g sakkie kitsgis
  • 5 g sout
  • 300 g koekmeel
  • 3 eiers
  • 100 g botter
  • 100 g sesamsaad

Plaas die melk, suiker, meel, sout, gis en 2 eiers saam in elektriese menger. Klits op hoë spoed met K-spaan tot hele mengsel van bak se rand af wegtrek en ‘n groot bal om spaan kleef.  Gebruik mes om botter in blokkies te sny en voeg geleidelik by deeg terwyl die menger loop.  Meng totdat al die botter ingemeng is. Plaas mengsel in mengbak en laat staan op warm plek vir 45 minute.

Bak rolletjies in oond.

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik  skêr en sny bolle deeg (140 g elk), van die mengsel af. Rol balle op meelbestrooide oppervlak.  Plaas bolletjies op bakplaat wat met kleefwerende kossproei bespuit is en laat op warm plek rys tot verdubbel. Dit neem so 40 minute. Klits eier. Verf eiermengsel oor die bolletjies en sprinkel sesamsaad bo-oor. Bak vir 20-25 minute tot goudbruin. Laat afkoel op draadrak

Patties

  • 600 g maalvleis
  • 250 g spek
  • Halwe ui, fyngekap
  • 1 eetlepel fyn koljander
  • 1/4 teelepel naeltjies
  • 1 teelepel komynsaad
  • 5 snye witbrood, kante afgesny, in blokkies gesny
  • Handvol “Italian” pietersielie, fyngekap
  • 2 eiers, geklits – sout en swartpeper na smaak
  • 50 ml olyfolie

Meng al die bestanddele goed saam. Verdeel vleismengsel in dele van 130 g elk. Vat elke deel en rol in balvorm. Druk balvorms plat op meelbestrooide oppervlak tot 2 cm in dikte, in pattievorm. Verhit olyfolie in braaipan tot goed warm.  Braai patties in braaipan tot gaar. (Omtrent 5 minute aan  kant.)

 

 Ekstras

  • Vars blaarslaai en/of roketblare
  • Skywe tamatie
  • Skywe agurkies

 Hoe om hamburger aanmekaar te sit

Halveer broodrolletjie. Plaas slaaiblaar en/of roketblaar op onderdeel van rolletjie, gevolg deur kaassous. Plaas pattie, skyf tamatie en agurkies bo-op, gevolg deur uiemarmalade en bodeel van rolletjie.