FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Resepte

4 idees met oorskiet-Kersham

Kersfeesham, dalk beter bekend as gammon, is altyd op my Kerstafel. Dis heerlik en vol geur en smaak. Maar moenie dink dié ham is net vir die Kerstafel nie. Inteendeel, die gerookte varkboud is byna heeljaar te koop by sekere supermarkte. Dis heel bekostigbaar en jy kan baie meer mense kos gee vir min geld.

Hier is ’n paar slim planne vir die ham wat op Kersdag oorgebly het – of die een wat selfs vóór Kersfees gaargemaak word, want ek kan nie wag tot dan nie!

FOTO: Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Ham-en-kaasbroodjie

genoeg vir 6

Dis altyd ’n wenner en smaak nog beter as jy oorskiet-soetmosterd het.

• 12 snye brood van jou keuse
• 100 g sagte botter
• 12 skywe tamatie
• 12 skywe beleë cheddarkaas
• 12 skywe gerookte ham (sowat 300 g)

Smeer snye brood met botter aan een kant. Maak toebroodjies met tamatie, kaas en ham. Verhit braaipan of toeklap-broodrooster tot warm. Braai broodjies aan weerskante tot goudbruin en bros en tot kaas gesmelt is. Sit warm voor met mosterd en groenslaai.

 

FOTO: Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Romerige aartappelslaai

Gebruik mayonnaise wat ekstra romerig is vir ekstra lekkerte.

• 45 ml olyfolie
• 6 skywe gerookte ham (sowat 150 g), fyngekap
• 700 g aartappels met skil, saggekook
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 6 radyse, in dun skyfies gesny

SOUS


• 30 ml korrelmosterd
• 1 x 125 ml-bottel geroomde peperwortel
• 1 x 360 g-bottel mayonnaise
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg ham by en braai 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Sny gaar aartappels in wiggies en plaas in groot mengbak. Voeg bros ham, ui, knoffel en radyse by.

Sous Meng al die bestanddele vir die sous en gooi oor die aartappelmengsel. Meng versigtig met groot metaallepel met ’n vou-aksie om te keer dat die aartappels breek. Geur goed met sout en peper. Sit voor.

 

FOTO: Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Alles-in-een-ontbyt

genoeg vir 6

Sit voor met roosterbrood vir vinnige ontbyt op die tafel.

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, in dun ringe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 8 skywe gerookte ham (sowat 225 g)
• 100 g bevrore ertjies, ontdooi
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 12 eiers

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslag-braaipan wat geskik is vir die oond. Plaas ui en knoffel in die pan en roerbraai vir 5 minute of tot goudbruin. Voeg ham by en braai nog 5 minute. Dan die ertjies en braai nog 1 minuut. Geur goed met sout en peper.

Verwyder van hitte en breek 6 eiers in ’n mengbak en klits goed. Gooi eier oor gebraaide ham. Plaas in warm oond en bak 10 – 15 minute of tot eiers gestol is. Sit warm voor.

 

FOTO: Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Bone-en-ertjieslaai

genoeg vir 6

Die heerlike vars slaai kan jy met of sonder die ham voorsit.

• 80 ml olyfolie
• 
1 hand vol koljander, fyngekap
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 200 g pitmielies, 2 minute in kookwater gedompel
• 1 x 350 g-pakkie Franse groenbone, 1 minuut in kookwater gedompel
• 1 x 140 g-bakkie sneeu-ertjies (mangetouts), oorlangs in dun repies gesny
• 1 x 200 g-pakkie suikerertjies (sugar snap peas), oorlangs gehalveer
• 12 skywe gerookte ham (sowat 300 g)
• sout en varsgemaalde swartpeper

Meng die olyfolie, koljander, suurlemoensap en -skil saam. Plaas, mielies, bone en ertjies in ’n slaaibak en gooi die slaaisous oor. Sny ham in blokkies en voeg ook by. Geur na smaak met sout en peper. Meng goed deur. Sit voor.