4x4- Toebroodjies vir skool

4x4- Toebroodjies vir skool FOTO: Micky Hoyle

Vleis

4×4-Toebroodjies vir skool

Leerders van party laerskole in die land mag slegs een keer per week lekkernye in die kosblik hê. Pak dit in saam met hierdie prettige broodjie.

genoeg vir 2

• 4 snye witbrood
• 20 ml sagte botter of margarien
• 4 snye ham
• 4 snye kaas

Smeer botter op brood. Plaas ’n sny ham en ’n sny kaas op elk van 2 snye brood, gevolg deur nog ’n sny ham en kaas. Bedek met ander sny brood. Sny die toebroodjies in vormpies. Laat die kinders help om die vorms te kies en uit te druk, om hulle lus te maak vir die broodjie wat in die kosblik wag. Sit in kosblik saam met ’n vrug en ’n goedgekeurde lekkerny.