Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

5-uur-oondgebraaide varklies met vinkel

Hierdie snit(pork belly) bevat heelwat vet tussen die vleis – ideaal vir spesiale geleenthede. Vinkelsade pas ook baie goed by varkvleis.
(genoeg vir 4 – 6)

  • 2,9 kg ontbeende varklies
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml vinkelsade
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van 2 suurlemoene
  • 45 ml olyfolie
  • 3 lemmetjies

Voorverhit die oond tot 230 °C. Sny dun kepies deur die vel van die vleis, of vra slagter om dit te doen. Stamp knoffel en vinkelsade fyn met ’n stamper en vysel. Geur varklies met sout en peper. Smeer knoffel-en-vinkelsaad-mengsel oor vleis. Maak seker dat die mengsel in die kepies ingaan. Plaas in oondbraaibak en dan in warm oond vir sowat 30 minute tot vel bruin en brosserig word. Haal uit, verlaag die temperatuur na 120 °C en draai die varklies om dat die velkant onder is. Gooi suurlemoensap en olyfolie oor. Plaas terug in oond en oondbraai sowat 30 minute. Draai varklies weer om en oondbraai nog 4 uur. Halveer lemmetjies en braai die oopgesnyde kante ’n paar minute in ’n kleefvrye pan. Sny varklies in stukke en sit voor saam met gebraaide lemmetjies.