ENTERPRISE PROMOSIE

Promosie-resep

Amerikaanse wors in kombers

genoeg vir 8

• 2 liter sonneblomolie vir diepbraai
• 1 x 250 g-pak Enterprise Chef’s Cut Cheese Smoked Viennas
• 100 g (180 ml) mieliemeel
• 2 eiers
• 25 ml bakpoeier
• 150 ml melk
• 35 g (60 ml) koekmeel en bietjie ekstra om worsies in te rol
• 30 ml mosterdpoeier
• sout en swartpeper
• 8 sosatiestokkies

Verhit sonneblomolie in ’n diep kastrol waarin die worsies in die lengte sal pas. Meng die mieliemeel, eiers, bakpoeier, melk, koekmeel en mosterdpoeier goed saam om beslag te maak. Geur met sout en peper. Druk die worsies op die sosatiestokkies, rol in ekstra meel en dan in beslag. Diepbraai worsies terwyl jy aan die stokkie vashou – dis vinnig. Eet warm.