Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Kosstories

Asiatiese warmbrak

Resep deur Bertus Basson
Sous

  • 100 g suiker
  • 300 ml sojasous
  • 20 g gemmer, grofgekap
  • 1 stingel sitroengras, gekneus
  • 2 knoffelhuisies, grofgekap
  • 1 brandrissie, grofgekap
  • 1 suurlemoen

Slaai

  • 1 groot wortel, in dun julienne-repies gesny
  • 2 radyse, in dun skyfies gesny
  • 30 g boontjiespruite
  • 20 g grasuie, in skyfies gesny

Plus

  • 20 g vars koljanderblare
  • broodjie en worsie van jou keuse

 

  • Smelt die suiker sonder water in ’n pan tot karamel vorm. Gooi sojasous by om te deglaze – met ander woorde om die suiker wat dalk aan die pan vassit, te laat loskom en oplos in die soja. Voeg al die geurmiddels by en laat trek vir 20 minute. Giet alles deur ’n sif en druk die sap van een suurlemoen in die sous uit.
  • Sit al die slaaibestanddele in ’n mengbak en gooi slaaisous net voor opdiening oor.

Samestelling
Sit die worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie. Skep die slaai met slaaisous versigtig bo-op en garneer met die vars koljanderblare.