Resepte

Baba-appels gevul met salie-vark

(genoeg vir 8)

  • 6 varkworsies met kruie
  • 8 appels, ontklok
  • 250 ml appelsap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Ver wyder die varkworsies se omhulsel. Vul die holtes waar die stronk van elke appel was met die varkmaalvleis. Plaas appels in oondroosterpan en gooi appelsap oor. Geur met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot appels begin oopbars. Sit warm voor.