sk10036hr_tuis09
6 uur tuis, eet half 7

Balsemasyn-lam-steaks

(4 porsies)

  • 60 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 125 ml balsemasyn
  • 30 ml bruinsuiker
  • 4 vars salieblare
  • 600 g lam-steaks
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng suurlemoensap, knoffel, asyn, bruinsuiker en salieblare. Gooi dié marinade oor die lam-steaks. Laat staan vir sowat 10 minute. Verhit ‘n riffelpan tot baie warm – rook moet uit die pan begin trek. Braai steaks weerskante tot so gaar soos jy dit verkies en sit voor met ‘n groenslaai.

Wenk: Jy kan ook ontbeende hoenderborsies of beesvleis-steaks gebruik vir dié resep.