Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Basiese varkribbetjies

In hierdie resep word die basiese marinade gebruik.
Genoeg vir 6

• 250 ml lae-sout-sojasous (sien bl. 94)
• 125 ml worcestersous
• 40 ml heuning
• sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen
• ½ ui, fyngekap
• 1 x 410 g-blik kersietamaties
• 1 lourierblaar
• 2 knoffelhuisies
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 500 g rou varkribbetjies
• varsgemaalde swartpeper

Plaas sojasous, worcestersous, heuning en suurlemoensap en -skil in middelslag-pot. Voeg ui, tamaties, lourierblaar, knoffel en rissie by. Bring mengsel tot kookpunt en plaas ribbetjies in mengsel. Kook 20 minute. Verwyder vleis uit sous en laat sous verder kook tot dit met 2/3 verminder het. Geur ribbetjies goed met peper – sout is onnodig, want die sojasous het ’n sout smaak. Sorg dat vuur se kole matig warm is en plaas gekookte ribbetjies in toeklaprooster. Verf met afgekookte marinade. Braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en bros. Sit warm voor.