Foto deur Lee Malan

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Pasta

Bees-en-kokosneutrooikerrie met noedels

Kerrie is perfek vir die winter.
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 60 ml rooi kerriepasta
  • 400 ml kokosneutmelk
  • 500 g beesblokkies
  • sap van 1 suurlemoen
  • 60 g ertjies in die peul
  • 60 g baba-mielies
  • 150 g boontjiespruite
  • hand vol vars koljander
  • 400 g noedels van jou keuse, geweek in kookwater

Plaas rooi kerrie, kokosneutmelk, beesblokkies en suurlemoensap in ’n pot. Kook tot dit verdik en vleis sag is, sowat 20 minute. Voeg ertjies, mielies, spruite en vars koljander by. Verlaag hitte en kook sowat 5 minute. Sit voor op noedels.