Resepte

Beeslende (in die oond!)

(Genoeg vir 4 – 6)

  • 1 kg beeslende (sirloin)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml korrelmosterd
  • 15 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180 °C. Geur vleis met sout en peper. Meng mosterd, olyfolie, knoffel en suurlemoensap. Vryf oor vleis. Plaas op klein afkoelrakkie en plaas rakkie op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Plaas in oond vir 50 minute as jy die vleis halfgaar wil hê. (Kyk onder by wenk hoe lank jy vleis moet gaarmaak om by jou smaak aan te pas.) Ná gewenste oondbraaityd, haal vleis uit en laat rus 10 minute voor jy dit sny as jy dit warm wil eet. As jy dit koud verkies soos op die broodjie op bl. 23, laat die vleis heeltemal afkoel voor jy dit sny.

Vleissnit gebruik – heel sirloin-steak wat gebind is met tou. Dié deel van die lendestuk word uit die T-beensnit gesny.

Wenk

Vir rou gebraaide sirloin, oondbraai by 180 °C, 15 – 20 minute vir elke 500 g + 20 minute ekstra. Vir halfgaar gebraaide sirloin, oondbraai by 180 °C, 20 – 25 minute vir elke 500 g + 25 minute ekstra.

KRY jou Februarie/Maart 2013 SARIE KOS nou om te sien hoe jy oongebraaide T-been-steaks maak.

[box:red:full:both]
Nóg beesvleis-resepte in dié uitgawe:

  1. Steak-en-chorizo-kebabs
  2. Tamatie-en-basiliekruidslaai
  3. Ragu – fyngekookte beesvleis
  4. Halfgaar-beesvleis-broodjie met peperwortelsous
  5. Barbara se manier van geskroeide carpaccio

[/box]

TEKEN IN OP SARIE KOS