sk0812burgers02
Resepte

Beesvleis-burger

(4 porsies)

  • 1 dik sny bruinbrood
  • 125 ml melk
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 4 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 30 ml sonneblomolie
  • 4 snye cheddarkaas
  • 4 sesamsaad-broodrolletjies
  • hand vol bros blaarslaai
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • tamatiesous

Verhit die rooster-element van jou oond. Week die brood in die melk tot sag. Meng die brood, vleis en ui goed saam. Geur met sout en swartpeper. Vorm vier patties. Verhit die olie in ’n swaarboompan. Braai die patties weerskante. Die tyd sal afhang van hoe gaar jy jou burgers wil hê – deurgaar of nog pienk in die middel. Plaas ’n sny kaas bo-op elke patty en sit in die oond tot die kaas gesmelt is. Sny die rolletjies in die helfte en pak op ’n bakplaat. Rooster die rolletjies in die oond. Plaas eers blaarslaai op elke rolletjie, dan tamatie, ui en laaste die patty. Sit voor saam met tamatiesous.

Om te drink
Versus Red. Dié liter-bottel rooiwyn kos onder R30!