Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Beesvleis-roerbraai

(4 porsies)

  1. 30 ml olyfolie
  2. 8 minute-steaks, in dun repies gesny
  3. 250 g sampioene, in skywe gesny
  4. 1 rooi soetrissie, in dun repe gesny
  5. 1 suurlemoen, in kwarte gesny, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  6. 250 g noedels

Verhit olyfolie in ‘n swaarboompan of wok. Braai vleis oor hoë hitte vir sowat 1 minuut. Voeg sampioene en soetrissie by en braai tot net sag. Druk so die helfte van suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Maak noedels gaar volgens aanwysings op pak. Meng deur vleis en groente en sit onmiddellik voor.

Ekstra: Roer sowat 40 ml sojasous deur.