Foto deur Lee Malan

Foto deur Lee Malan

Resepte

Beesvleisburger met sampioensous

(6 porsies)

  • 10 ml komynsade
  • 30 ml koljander
  • 6 snye brood
  • 500 g maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml korrelmosterd
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie
  • 30 ml kanola-olie
  • 30 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • 250 g bruin sampioene, gebraai in botter tot goudbruin en gaar
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • 1 klein komkommer, in blokkies gesny
  • ½ rooi-ui, fyngekap
  • 6 rog-broodrolletjies

Verhit braaipan oor mediumhitte. Droogbraai komyn en koljander stadig in warm pan tot geurvol, sowat 2 minute. Verwerk brood tot fyn krummels in voedselverwerker. Meng maalvleis, ui, mosterd en koljander saam. Voeg gebraaide speserye, broodkrummels en eiers by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper en meng weer goed. Om te toets of die mengsel genoeg geur het, braai ’n bietjie daarvan in ’n warm pan tot gaar. Proe en pas aan na smaak, indien nodig. Verdeel mengsel in 6 porsies en rol in netjiese balle met jou hande. Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-braaipan. Plaas vleisbal in warm pan en druk plat tot sowat 1 cm dik. Braai sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Verhit kanola-olie tot warm in middelslag-pot. Voeg koekmeel by en roer tot gemeng. Voeg melk by en klits vinnig tot gladde mengsel. Verlaag hitte en hou aan roer terwyl mengsel vir 5 minute prut tot gaar. Geur goed. Voeg sampioene by en meng. Meng tamatie, komkommer en rooi-ui en skep op 6 broodhelftes, gevolg deur gaar patties. Skep sampioensous oor, plaas ander rolletjie-helfte bo-op en sit voor.