Resepte

Biefstuk-broodjies

(16 broodjies)

  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 sirloin steaks
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 30 ml korrelmosterd
  • 8 klein ciabatta-broodjies (so 8 cm lank)
  • sowat 30 ml basiliekruidpesto
  • groot hand vol vars roket

Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Gooi die suurlemoensap oor die steaks. Geur met sout en swartpeper. Braai weerskante tot so gaar soos jy dit verkies. Haal uit die pan en laat rus vir minstens 10 minute. Smeer korrelmosterd bo-op elkeen. Sny die broodjies in die helfte. Sny elke helfte oop. Smeer pesto op die onderste helfte en plaas vars roket bo-op. Sny die steaks in dik snye. Sit so twee snye op elke broodjie en maak toe met die boonste sny brood. Vou ’n nou strook bakpapier om die middel van elke broodjie en maak dit vas met ’n stukkie tou.