sr1306koshoof_2_
Resepte

Bobotie-pastei

(genoeg vir 6 – 8)

  • 2 uie, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 50 ml olyfolie
  • 15 ml masala
  • 15 ml fyn koljander
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 1 kg beesmaalvleis
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 ml melk
  • 3 eiers
  • 4 lourierblare
  • 2 vierkantige velle blaardeeg

Verhit oond tot 180 °C. Braai uie en knoffel saam in olyfolie in ’n warm pan tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai vir nog 5 minute. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en opgebreek, sowat 10 minute, terwyl jy heeltyd roer. Voeg tamaties by, geur met sout en peper, verlaag hitte en laat prut vir 25 – 30 minute. Plaas vleismengsel in oondvaste bak van 20 x 15 cm. Meng melk en eiers en gooi oor. Druk lourierblare in. Plaas twee velle blaardeeg op mekaar bo-oor. Vou die deeg wat oorhang ruweg na binne. Gebruik skerp mes en maak vlak snytjies 1 cm uitmekaar in ’n diamantpatroon in die deeg. Klits oorblywende eier en verf deeg daarmee. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met perskeblatjang.