FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Resepte

Boerekerrie-en-rys met bone

(4 – 6 porsies)

• 45 ml olyfolie
• 2 uie, grofgekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml masala
• 15 ml fyn koljander
• 30 ml kerriepoeier
• 5 ml borrie
• 500 kg maer beesmaalvleis
• 1 x 410 g-blik tamaties
• 1 x 400 g-blik klappermelk
• 1 x 410 g-blik borlotti-bone, gedreineer
• 1 x 410 g-blik cannellinibone, gedreineer
• hand vol vars koljander
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg speserye by en braai nog 1 minuut. Voeg maalvleis by en braai sowat 5 minute of tot bruin. Voeg tamaties en klappermelk by. Geur goed met sout en swartpeper. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 35 – 45 minute of tot kerriemengsel dik en romerig word. Voeg bone by en laat nog 5 minute prut. Verwyder van hitte en roer gekapte koljander by. Geur goed met sout en peper. Sit voor met gestoomde rys van jou keuse.

Wenk
Dis belangrik om geblikte bone altyd onder lopende water af te spoel om van die stysel ontslae te raak voor jy dit by die kerrie sit.