Pasta

Bolognese soos die Italianers dit maak

Min geregte is so lekker soos ’n bak pasta met ’n bolognese-sous! 

 

1. Verhit olyfolie in diep kastrol. Voeg ui, knoffel, seldery en wortel by en braai tot sag.

40 ml olyfolie
1 ui
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 stingel seldery, fyngekap
1 groot wortel, gerasper

2. Voeg maalvleis by en roerbraai tot vleis net gaar is.

1 kg maalvleis

3. Voeg rooiwyn, tamaties en ham by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Laat prut 1 uur en roer nou en dan. Haal deksel af en laat prut sowat 45 minute oop tot sous verdik het. Voeg room by en laat prut nog 45 minute oop.

500 ml rooiwyn
2 x 400 g-blikke
heel tamaties
125 g ham, in
blokkies gesny
sout en
varsgemaalde peper
250 ml room

4. Kook pasta van jou keuse volgens aanwysings op pak. Skep in bak, skep sous bo-op en sit voor met basiliekruidblare en parmesaankaas.

WENK

Jy kan die sous ook vir lasagne gebruik; moet dan net nie die room byvoeg nie.