Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Bonebroodjie met gemarineerde tamaties en chorizo

Drie smake wat heerlik saamwerk.
(genoeg vir 4)

Bonepatee

  • 1 blik (400 g) cannellini-bone
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van ’n halwe suurlemoen
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper plus
  • 4 chorizo-worse
  • 15 ml olyfolie
  • gemarineerde tamaties
  • 4 snye bruschetta

Dreineer en spoel bone onder kraan. Plaas bone in mengbak en druk grof fyn met vurk. Meng knoffel, suurlemoensap en olyfolie by. Geur met sout en peper. Sny chorizoworse in skywe. Verhit olyfolie in pan en braai wors tot bros. Dreineer op kombuispapier. Skep van die patee op ’n bruschetta-broodjie. Skep van die wors en gemarineerde tamaties op.