sk0912sesuur13
6 uur tuis, eet half 7

Bruschetta met kekerertjie-smeer

(4 porsies)

  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 2 blikke (240 g elk) kekerertjies (chickpeas), gedreineer
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van 1 suurlemoen
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 snye Portugese brood
  • vars basiliekruid

Verhit roosterelement van oond. Plaas spek op ‘n bakplaat-rooster en rooster tot bros. Hou warm. Plaas kekerertjies en knoffel in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg suurlemoensap en olyfolie by. Meng goed en geur met sout en swartpeper. Rooster brood en skep smeer bo-op. Plaas spek bo-op en sit voor met vars basiliekruid en ekstra olyfolie.