Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Caprese-slaai-broodjie met geroosterde spek

Jy hoef nie sagte (buffel-)mozzarella-kaas te gebruik nie. Die soort wat gewoonlik in pizzas gebruik word, is ook geskik.
(genoeg vir 4)

  • 250 g strepiespek (streaky)
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • hand vol vars basiliekruidblare
  • 4 snye bruschetta
  • sowat 250 g sagte mozzarella-kaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Pak spek op bakplaat en oondbraai tot bros. Plaas gesnyde tamatie en vars basiliekruid op ’n sny bruschetta. Breek kaas in stukke en sit bo-op. Rond af met paar stukke spek. Geur goed met sout en peper.