Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Chilli Con Carne

Dis nou wat ek regte cowboy-kos noem- baie lekker saam met gebakte aartappels.

(4 – 6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 1 kg maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, gekap
  • 2 blikke (400 g elk) kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml gerookte paprika
  • 3 blikke (400 g elk) botterbone, gedreineer
  • 1 lourierblaar
  • 250 ml suurroom

Verhit olyfolie in diep kastrol. Braai maalvleis tot net gaar. Voeg ui, knoffel, brandrissie en tamaties by. Geur met sout, peper, komyn en paprika. Voeg bone en lourierblaar by. Maak toe met deksel en laat prut 1½ uur. Sit voor met suurroom en gebakte aartappels.