sk08_2_6hrtuis10
6 uur tuis, eet half 7

Chilli con carne

(30 minute – 4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 30 ml tamatiepasta
  • 5 ml droë brandrissie (of minder, nes jy verkies)
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 2 blikke (420 g) rooi bone, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die maalvleis by en braai vir 4 tot 5 minute tot bruin. Voeg die tamaties, tamatiepasta, brandrissie en gemengde kruie by. Kook stadig vir 15 minute en voeg dan die bone by. Meng deur en laat verder kook vir 5 minute. Geur met sout en peper. Sit voor saam met avokadopeer, skyfies rooiuie, ongegeurde jogurt en gestoomde rys.