Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Chilli poppers

Dié rissiehappies is behoorlik ń mondvol geur en skop, en maklik om te maak.

genoeg vir 20

• 20 groot jalapeño-brandrissies
• 250 g roomkaas
• 200 g mozzarella-kaas, gerasper
• 150 g sterk cheddarkaas, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 3 pakke (250 g) strepiespek

Verhit oond tot 220 °C. Sny elke brandrissie oop in die lengte, maar nie dwarsdeur nie. Gebruik die steelgedeelte van ’n teelepel en skraap die vlesige riwwe en pitte uit. Meng roomkaas, mozzarella en cheddar saam in ’n mengbakkie. Geur met sout en peper. Voer ’n bakplaat met foelie. Skep vulsel in elke brandrissie en draai toe met spek. Maak seker die brandrissies is goed bedek met die spek. Plaas op bakplaat en oondbraai sowat 25 minute in warm oond tot spek bros is. Haal uit en sit warm voor.