Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

SARIE KOS-uitgawes

Chorizo-frittata

Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 25 g (30 ml) botter
• 1 ui, in ringe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• klein hand vol pietersielie, fyngekap
• 700 g gaar geskilde oorskiet-aartappels, in skywe gesny
• 6 eiers, goed geklits
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 20 g parmesaankaas, gerasper
• 100 g chorizoskywe (dit lyk soos gesnyde salami)
• mikrokruie vir garnering

Verhit die oond se rooster- element tot 200 °C. Smelt botter ’n 20 cm-pan wat in die oond gesit kan word. Braai ui, knoffel en pietersielie sowat 5 minute tot sag. Verlaag die hitte. Pak aartappelskywe in pan en voeg eiers by. Geur met sout en peper. Skud die pan liggies sodat die eier tussen die aartappels kan inloop. Sprinkel parmesaankaas oor. Sodra die eier begin stol, plaas die pan in die oond en bak 10 – 15 minute tot eier heeltemal gestol en bruin van kleur is. Laat effens afkoel voor jy dit voorsit. Plaas chorizoskywe bo-op en sprinkel met mikrokruie.