Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Chorizo gekook in sider

Sterk gegeurde chorizo is die lekkerste vir dié resep.

  • 500 g chorizo-worse
  • 340 ml sider

Sny die worse in groot stukke. Sit in ’n kastrol en gooi die sider oor. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Laat stadig kook tot die vloeistof gehalfveer het. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.