Resepte

Ertjie-rys en spek

4 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml langkorrel-rys
  • sowat 2 liter groente- aftreksel
  • 750 ml bevrore ertjies
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 60 sekondes. Voeg so 500 ml aftreksel by en laat kook. Roer nou en dan. Hou aan om aftreksel by te voeg totdat rys gaar is. Voeg ertjies en pietersielie by en maak pan toe met ’n deksel. Laat staan vir so 10 minute totdat ertjies ontdooi en gaar is. Plaas spek op ’n bakplaat en rooster tot bros onder roosterelement. Voeg kaas by rys en geur met sout en swartpeper. Sit rys voor met geroosterde spek bo-op.