sk1003sokker06
Resepte

Feijoada – varkvleis met bone

4 – 6 porsies

• 300 g swartbone
• 30 ml olyfolie
• 700 g gerookte varkvleisrepe, in blokke gesny
• 400 g kassler-tjops, in blokke gesny
• 4 chorizo-worse, in skywe gesny
• 1 ui, grofgekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml hoender-aftreksel
• 3 lourierblare
• 250 ml rooiwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas bone in ‘n kastrol en vul met water totdat bone bedek is. Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute kook. Haal van hitte af en laat oornag in dieselfde vloeistof week. Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in oondkastrol. Braai vleis tot bruin. Voeg chorizo, ui en knoffel by en braai vir nog so 10 minute. Voeg aftreksel, lourierblare en rooiwyn by en geur met sout en swartpeper. Voeg bone by en maak kastrol toe met deksel. Plaas vir sowat 2 uur in warm oond totdat bone sag is. As dit droogkook, kan jy water byvoeg.

Om te drink: Beslis rooiwyn – probeer ‘n merlot.