Lee Malan

Lee Malan

Resepte

Franse brood met beescarpaccio, bokmelkkaas en kappertjiebessies

Carpaccio is bevrore rou vleis wat in baie dun skywe gesny word. Vir hierdie resep gebruik ek beesfilet om die carpaccio te maak.
Genoeg vir 2

  • 30 ml olyfolie
  • 1 kort Franse brood, in helfte gesny
  • 10 snye carpaccio
  • 100 g sagte bokmelkkaas, in skywe gesny
  • sowat 4 kappertjiebessies
  • 1 klein rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 20 g roketblare
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Sprinkel olyfolie oor oopgesnyde Franse brood. Pak jou eie oop broodjie met skywe carpaccio, bokmelkkaas, kappertjiebessies, rooi-ui en roket. Geur met sout en peper.